Watter soort ou breek by ’n akwarium in? En verf graffiti teen die muur? Of gooi bottels en ander gemors in die dolfyntenk?

Zolani Memani, dis wie.

Zolani is moeilikheid met ’n hoofletter “M”.

As straf vir sy vandalisme moet hy gemeenskapsdiens by die akwarium doen.

Crystal kan nie glo sy moet die hele Desembervakansie in sy gesig vaskyk nie.

Sy wens hy beland pens en pootjies in die haaitenk.

Maar dan ontmoet Zolani vir Ginger die dolfyn. En dit is liefde met die eerste oogopslag …

Hierdie gewilde jeugroman deur die topverkoperskrywer Jaco Jacobs is nou volledig aangepas en bygewerk vir die skooluitgawe:

* Nasionaal voorgeskryf vir Afrikaans TAT Graad 10 (Roman)

* Bevat agtergrondinligting oor die skrywer

* Pre- en postlees-aktiwiteite en -vrae

* Volledig uitgewerkte antwoorde

* ’n Volledige woordelys

FET Vis en tjips
R126,09
Authors | |

Language | |
Publisher | |
ISBN | 9780799380552 |
Number Of Pages | 103 |
File Size | 5.87 mb |
Format | EPUB |
Published | 15-07-2016 |
Reviews
There are no reviews yet.